U is die Here my God, handel met my só dat u Naam geëer sal word. U is goed en getrou, red my tog. (vers 21)

Ek kan my nogal vereenselwig met die gebed van hierdie psalm. Die digter is verslae oor die onreg en die dinge wat sy vyande hom aandoen. In só ’n situasie bly daar net een ding oor: vlug na die Here, want Hy is uiteindelik die Een wat oor jou waak. Ons mag maar, soos die digter, met ons vrese en swaarkry na die Here vlug (1 Pet 5:7). Hy wat in die verlede gehelp het, sal ook nou uitkoms bring.
Die verwensing in die psalm, waar hy bid dat alles wat sy teenstanders hom aangedoen het, oor hulle eie kop afkom (vers 20), kom uit ’n era van ’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand (Eks 21:23-25). Dikwels voel ons ook wrewelrig en lus om so te bid (of te doen!).
Maar Jesus het ’n nuwe weg kom wys: draai die ander wang, loop ’n tweede myl saam, bid vir jou vyand (Matt 5:38-48). Hierin het Jesus vir ons voorgeloop toe Hy aan die kruis vir sy vervolgers gebid het (Luk 23:34).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.