Van die dak af het hy ’n vrou sien bad. Sy was ’n baie mooi vrou. (vers 2)

Daar is verskil van mening oor Batseba se aandeel in die hele tragedie. Party sê sy was die onskuldige slagoffer van Dawid; dat hy haar verkrag het. Ander sê weer dat dit lyk of Batseba Dawid doelbewus uitgelok sodat sy koningin kon word. Ons sal nooit weet nie. Wat ons wel weet, is dat Dawid nie bestand was teen die versoeking nie.
Dawid kon nie help om Batseba te sien nie. Boonop was sy baie mooi. Tot hiertoe was Dawid onskuldig. Wat hy moes gedoen het, is om by sy paleis in te gaan en ’n beker koue water te gaan drink, of ’n ent te gaan draf, of wat ook al sou gehelp het om die beeld van Batseba se naakte skoonheid uit sy gedagtes te kry. Maar hy doen dit nie. Hy doen navraag en laat haar paleis toe bring. Daarna het dinge erg handuit geruk. Batseba word swanger, Urija weier om saam te speel, en Dawid pleeg moord.
Martin Luther het gesê jy kan nie verhoed dat ’n voël oor jou kop vlieg nie, maar jy kan keer dat hy in jou hare nesmaak. Jak 1:14-15 onderstreep dit.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.