Soos by my vertrek na Masedonië toe, dring ek nou weer by jou daarop aan om in Efese te bly. Daar is sekere mense wat vals leerstellings versprei, en jy moet hulle dit verbied. (vers 3)

Partykeer voel ’n mens as gelowige lus om jou hande in die lug te gooi, jou goed te vat en te loop. Dis wanneer die druk vir jou te veel word. Kerkmense stry onder mekaar (en met ongelowiges!) oor goed wat nie geloof in God bevorder nie (vers 4). Dit verwar eerder mense en wek nie liefde nie (vers 5).
Timoteus het dit moeilik in Efese gehad, juis omdat dwaalleraars soos Himeneus en Aleksander in die gemeente werksaam was (vers 20: vgl 2 Tim 2:17-18). Boonop was hy nog jonk en het hy nie opgewasse gevoel vir sy taak nie (1 Tim 4:12). Sy menslike reaksie was om te vlug. Paulus dring egter by hom aan om in Efese te bly en met sy werk voort te gaan. Deur op jou pos te bly is immers hoe ’n mens die versoekings en die listige aanslae van die Bose kan weerstaan, soos Paulus in sy brief aan die einste Efesiërs geskryf het (Ef 6:10-17).
Vasbyt in die geloof. Dís ons roeping.

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.