Uit die dieptes roep ek na U, Here, luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep. (vers 1-2)

Soms kan ’n mens so diep in ’n put beland, in die dieptes van ellende, dat alles om jou vir jou donker lyk, en jy nie eintlik uitkoms sien nie.
Die digter sê nie vir ons wat gebeur het dat hy in die dieptes van ellende is nie, en dit is ook goed so, want nou kan ons elkeen met ons eie nood hierdie gebed van Psalm 130 bid. Dit is die wonderlike van kind-van-God-wees: dat jy met jou nood na Hom toe kan vlug.
Die digter weet sy sondigheid behoort hom eintlik van God af te vervreem, maar hy hou vas aan God se vergifnis; dat God se genade groter is as die sonde (vers 4).
Ons weet vandag meer as die digter, want ons ken Jesus. Hy het mens geword sodat Hy ons nood kan verstaan en kan help. Hy het op Golgota in die diepste dieptes van selfs Godverlatenheid ingedaal. Daarom roep Hy óók aan die kruis: “My God, my God!” (Matt 27:46) sodat ons roep na God nie tevergeefs sal wees nie. Daarom mag ons tot Hom roep in tye van nood. Hy sál antwoord.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.