Ek het rus en kalmte gevind. (vers 2)

Die prentjie wat Dawid in hierdie psalm vir ons teken, lyk darem baie anders as ons eie gejaagde, rustelose bestaan, nie waar nie? “Ek het rus en kalmte gevind,” sê Dawid. Blykbaar was daar ook ’n tyd waarin hy, soos ons, dit nié gehad het nie. Maar nou is dit verby. Nou het Dawid rus en kalmte, omdat hy ontdek het: ’n mens wat op homself ingestel is, is in ’n doodloopstraat. “Selfverheffing en hoogmoed” noem hy dit (vers 1).
God is in beheer. Hy sal sorg vir vandag, vir môre, vir klere, gesondheid, veiligheid, reën … Hy beskik daaroor, nie die mens nie. Dít is wat Dawid ontdek het. Daarom kon hy sê (vers 1): “Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind.”
Dit is wat ware geloof is: om rus te vind in God en in volkome vertroue en afhanklikheid van God te lewe. “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is …” sê Jesus in Matt 5:3. Só ’n mens voel geborge en gekoester by God, soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het (vers 2).
Wag dan op Hom (vers 3)!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.