Prys die Here, want die Here is goed, sing tot eer van sy lieflike naam. (vers 3)

Dis opvallend hoeveel keer in die Psalms ons opgeroep word om die Here te loof. Hierdie psalm begin ook so, met die woord “halleluja” (2020-vertaling), wat letterlik beteken: “Loof die Here!”. So begin en eindig die lied, want almal moet die Here prys.
Hy gee die redes vir sy oproep: die Here is die almagtige Skepper (vers 5-7), Hy is die Verlosser (vers 8-12), die ewige, troue Versorger (vers 13-14) en die enigste ware, lewende God (vers 15-18).
Jy kan ook hierdie psalm bid en die Here loof. Dalk wil jy ander redes gee hoekom die Here vir jou dié Een is wat geprys moet word. Ons ken Hom ook as die Skepper en Onderhouer, maar ons sou heelwat meer kon sê as die psalmis as ons praat oor Hom as Verlosser, want in Jesus Christus het Hy ook ons Vader geword. En teenoor baie valse godsdienste en ongelowiges bely ons vandag nog dat Hy die lewende, opgestane Here is wat daagliks by ons is, oor ons regeer en oor ons waak (Kol 1:18).
Moet Hom nie net dank vir sy goedheid nie; prys Hom vandag as die Here van jou lewe!

image_pdfimage_print

Views: 14

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.