Prys die Here, want Hy is goed – want vir ewig duur sy troue liefde. (vers 1, 2020-vertaling)

Die Hebreeuse woord “hesed” wat die 2020-vertaling met “troue liefde” weergee, word in ander vertalings verskillend vertaal: “goedertierenheid” (OAV), “liefde” (NAV en NLV), “love” (NIV), “steadfast love” (ESV), “lovingkindness” (NASB), “mercy” (King James) … Die woordeboek sê dit is lojale liefde, onfeilbare goedheid en toewyding.
Israel word deur ’n voorsanger of voorsanggroep opgeroep om die Here te prys, want Hy is goed (vers 1). Dit is sigbaar in sy skeppingsdade (vers 4-9), in sy reddingsdade in die geskiedenis (vers 10-24) en in sy voorsienigheid (vers 25).
Telkens antwoord die gemeente met die refrein: “– want vir ewig duur sy troue liefde.” Sy troue liefde hou nooit op nie. Lank nadat ons lewe op aarde verby is, bly dit, tot in die ewigheid. Paulus getuig ook hiervan in 1 Kor 13:8.
Saam met Israel word ek en jy óók opgeroep om die Here te loof. Ons sien Gods goedheid ook in die skepping en onderhouding van die wêreld, en in ons eie geskiedenis. Dalk kan jy nog persoonlike gewaarwordinge oor die Here se goedheid en almag (vers 2 en 3) byvoeg. Sy troue liefde is immers ook vir jóú.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.