Ek sal op die klippe die gebooie skryf wat op die voriges was wat jy stukkend gegooi het. Dan moet jy die twee plat klippe in die ark sit. (vers 2)

By Deut 5 het ek genoem dat die twee plat klippe twee afskrifte was van dieselfde kontrak (die Tien Gebooie) wat die basis vorm van ons verhouding met God. Moses het egter dié klippe flenters gegooi toe hy van die berg afgekom het. Die goue kalf en die Israeliete se afgodsfees was immers kontrakbreuk met God. Selfs al was die klippe deur God self gegraveer. Moses het, soos ons vandag sal doen, die kontrak opgeskeur.
Interessant dat ons nêrens lees dat God Moses vir hierdie daad verwyt nie. Dink net: God het dit self vir Moses gegee, en hy gooi dit flenters.
Die verbasende vir my is dat God Moses beveel om weer twee plat klippe voor te berei. Hy het besluit om die kontrak te herstel, ondanks Israel se gruwelike ontrou, wat ’n klap in God se gesig was. Want God is ’n God van nuwe kanse, van oorbegin met ons. Daarom het daar ’n kruis op Golgota gestaan, want wéér het God sy kontrak (verbond) met ons hernu (vgl Luk 22:20). Dit is die evangelie.

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.