Hierdie families het probeer vasstel of hulle in die registers opgeneem is, maar daar kon niks gevind word nie, en hulle is uit die priesteramp onthef. (vers 62)

Laat ek eerlik wees: dié ellelange lyste van name is van die verveligste dele in die Bybel. Dit beteken vir die huidige lesers nie veel nie, hoewel dit vir die mense in die tyd van die terugtog baie belangrik was dat hulle kon bewys dat hulle tot die nageslag van die ballinge behoort.
Dit is so dat ’n nageslag en die land self sedert die dae van Abraham vir Israel ontsettend belangrik was. En dit sien ons in hierdie hoofstuk. God se roeping en opdrag aan Abraham (waarby die belofte van ’n eie land en ’n nageslag ingesluit is) was ter wille van hulle getuienis in die wêreld. Hulle moes ’n lig vir die nasies wees, soos Jesaja dit genoem het (o.a. in Jes 42:6). Gaandeweg het die Jode egter van dié hoë roeping vergeet en het hulle ’n ekslusiewe groep geword wat meerderwaardig was oor die suiwerheid van hulle herkoms.
Paulus waarsku ernstig teen die opvatting dat jou herkoms alte belangrik is in hoe jy oor jouself dink (Rom 9:6 en Efes 2:8-9). Ons vandag val ook nog in dié versoeking.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.