… sodat hulle vir die God van die hemel offers kan bring wat vir Hom aanneemlik is en kan bid dat die lewens van die koning en sy seuns gespaar mag word. (vers 10)

Koning Darius se bevel is selfs meer as waarop die Jode gehoop het. Die hele tempel-projek moes uit die staatskas gefinansier word. Verder moes die staat ook voorsien dat die daaglikse offerdiens by die tempel kon voortgaan. As teenprestasie moes die Jode onderneem om in die tempel tot God te bid “dat die lewens van die koning en sy seuns gespaar mag word.”
Paulus dring ook daarop aan dat “met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en almal wat gesag uitoefen,” want ’n goeie regering is nodig vir ’n veilige omgewing waarin ons met toewyding aan God kan lewe (1 Tim 2:1-2; vgl Rom 13:1). Dit geld nie net vir ’n regering waarvan jy hou  of waarmee jy saamstem nie. Darius was ’n heiden; so ook die keiser in Paulus se tyd.
Ek wonder of ons hierdie opdrag as gelowiges goed uitvoer. Ons regering sukkel en het nodig dat God die dinge bestuur. Bid jý vir die owerheid?

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.