Aäron het (die kruik met manna) voor die getuienis neergesit om dit in bewaring te hou soos die Here vir Moses beveel het. (vers 34)

“Die getuienis” is die verbondsark met die Tien Gebooie (Eks 31:18) wat later sou kom. Dit bevat die reëls van God se huishouding en is die teken dat Israel ’n verbond met God het en Hy vir hulle sorg, soos die kruik met manna bewys.

God het nie sommer net die manna gegee nie. Dit was ook ’n toets (vers 4). Want God se gawes kom verniet en kan geniet word mits dit in gehoorsaamheid gedoen word. Hierdie toets het Israel klaaglik gedop. Party het meer opgetel as wat hulle nodig gehad het (vers 20) en ander het nie die reëling oor die sabbat nagekom nie (vers 27). Met die kwartels het dit amper nog erger gegaan. Ons lees in Num 11:32,33 en Ps 78:30 dat hulle so gulsig was dat hulle hulle heeltemal aan die kwartels vergryp en versluk het. Elkeen het meer as ’n ton vleis bymekaar gemaak!

God se gawes moet met verantwoordelikheid en erkentlikheid geniet word. Dit is hoekom die kruik manna voor die Tien Gebooie neergesit is. Jy kan nie die gawes wil hê maar nie gehoorsaam wees nie.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.