Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge, dat ek nie in sonde verval saam met manne wat onreg doen nie, en dat ek nie deelneem aan hulle feeste nie. (vers 4)

As ’n mens tussen die lyne lees, wil dit voorkom of die digter probeer wegbreek van mense in wie se kring hy vroeër was. Hy het ondervind hoe verleidelik dit kan wees om deel te wees van ’n groep magtige, gewetenlose mense, en die vrugte daarvan te geniet.
Uiteindelik het hy egter besef dat hy as gelowige moet wegkom van dié mense af, al hunker hy soms steeds na daardie tyd. Paulus sou later oor hierdie selfde innerlike stryd skryf (Rom 7:21). Die versoeking om terug te keer dryf hom na God toe, en hy pleit dat God hom sal help teen homself (vers 3-4) en teen sy voormalige vriende wat nou teen hom gedraai het (vers 9).
’n Mens wat hom gelowig wend tot God in gebed en sy lewe volgens God se eise inrig, mag hoop en bid dat God regverdig sal wees en sy lewe sal spaar terwyl die boosdoener sal omkom (vers 10). Vir die digter is sy gebed soos wierook wat na God opstyg (vers 2; vgl Op 8:3-4). Visualiseer jy dit ook só?

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.