Prys die Here! Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars. (vers 1)

God se troue dienaars (ons!) word hier opgeroep om Hom te prys met ’n nuwe lied. ’n Nuwe lied hou altyd verband met ’n keerpunt in die geskiedenis en ’n nuwe tydvak wat voorlê. In Israel se geval jubel hulle oor hulle Maker ’n groepie slawe en nomades verander het in ’n volk wat deur die eeue staande kon bly (vers 4). Hulle word opgeroep om uitbundig voor Hom te juig (vers 3).
Vir Israel het dit wel beteken dat hulle met die swaard in die hand moes leef (vers 6), soos Nehemia-hulle met die herstel van die muur (Neh 4:17-18). Moderne gelowiges staan egter nie meer hulle man met fisieke wapens nie, maar met die wapenrusting wat God gee, en die swaard van die Gees, die Woord van God (Ef 6:10 e.v.).
Ons kan ook nou al ’n nuwe lied saam met die verlostes in die hemel sing (Op 5:9), want Jesus het Satan se houvas op die mensdom gebreek. En eendag, wanneer ons ook daar sal kom, sal ons dit weer sing (Op 14:3).
Kom, laat ons sing!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.