Maar Hy het vir haar gesê: “Wag dat die kinders eers klaar eet, want dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie.” (vers 27)

Jesus vat sy dissipels noord, ver buite die grense van Galilea. Waarskynlik het Hy ’n geleentheid gesoek om te rus en weg te kom van die mense wat Hom gedurig omring het. Maar dié rus was Hom nie beskore nie. Die Lig van die wêreld kan Homself nie wegsteek nie!
Terwyl Hy en sy dissipels in Tirus is, kom ’n vrou Hom spreek oor haar kind. Sy was nie ’n Jood nie, en Jesus se antwoord kom daarop neer dat Hy vir die Jode gestuur is. Sy aanvaar dit, maar pleit om tóg gehoor te word. En – Jesus hoor haar!
Dié vrou se optrede illustreer iets van geloof. In Matteus se weergawe het Jesus haar geloof geprys (Matt 15:28). Ek wonder hoe ék sou gevaar het as ek soos die vrou ’n koue skouer van Jesus gekry het. Moed verloor het? Teleurgesteld omgedraai het? En jy?
Te veel gelowiges gooi tou op by die eerste geloofsteleurstelling. Daarom vermaan Heb 10:35 ons om nie ons geloofsvertroue prysgee nie, want dit hou groot beloning in.

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.