Ons moenie aan onsself dink nie: elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou. (vers 1-2)

Dit gaan hier steeds oor eenheid in die kerk. Paulus doen ’n beroep op die “sterkes” om die swakhede te verdra van hulle wat nie so sterk in die geloof is nie. Dit beken nie dat jy anderpad moet kyk nie. Dis eerder ’n wegkyk van jouself (vers 1), om jou in jou medegelowige se skoene te plaas. sodat jy kan verstaan waaroor dit vir die ander een gaan (vers 2). Dán eers kan jy begin dink wat reg is in ’n bepaalde situasie.
Dis mos wat Christus gedoen het (vers 3; vgl Fil 2:5-11): Hy het nie aan Homself gedink nie. Ons moet ook nie (1b).
Dit beteken nie dat almal se standpunt reg is nie. Ons moet ons immers laat bind deur wat in die Skrif opgeteken is (vers 4). Só bring God eensgesindheid onder mekaar (vers 5).
Christus het gekom sodat almal God oor sy ontferming sal verheerlik (vers 9). Dít is waaroor dit in die kerk gaan: om God te verheerlik. Daarom moet ons mekaar aanvaar (vers 7).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.