Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. (vers 2)
Psalm 19 wil ons iets laat sien wat ’n mens in die sleur van elke dag dalk mag miskyk: dat alles om ons, saam met die Bybel, ons uitdaag om met verwondering voor God te leef. Die psalm wil ons oë daarvoor oopmaak dat God ongelooflik wonderlik is; dat Hy ’n God is wat ’n fantastiese skepping daargestel het. Die hemelruim, die sterre, die son, jubel dit dag en nag uit, al kan hulle nie ’n enkele woord praat nie. Hulle stem is onhoorbaar, maar as jy jouself toelaat om daarna te luister, oorweldig hulle boodskap jou (vers 4-5).
DÃs wat die Bybel ons wil leer: om in verwondering voor God te leef. Ja, vra maar jou vrae en wonder jou wonders. Dink gerus dieper oor die dinge, maar moenie toelaat dat dit jou vertrekpunt, jou verwondering, jou respek, jou heilige eerbied voor die almag, misterie en liefde van die lewende God, verweer nie.
Daarom is dit as ’t ware met bewende vingers dat die psalmdigter sy Bybel optel en vir ons wys, want daarin het hy die Lewe (met ’n hoofletter) ontdek (vers 8-12).
Naskrif: Môre begin ons met 1 Konings.