Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my ’n veilige vesting, ’n skuilplek in tyd van nood. (vers 17)

Psalm 59 onderstreep twee groot lewenswaarhede. Die eerste is dat God se kinders dikwels uitgelewer is aan ’n vyandige wêreld waar God se almag nie erken word nie. Die tweede is dat God juis in sulke omstandighede vir sy kinders ’n veilige vesting is. Daarom roep die psalm ons op om by Hom te skuil wanneer die storms van die lewe om ons woed.

Wat my opgeval het in die psalm, is die kontras tussen Dawid en die mense wat sy lewe bedreig. Hulle grom soos honde (vers 7 en 15); die skuim staan om hulle bekke (vers 8); hulle dwaal rond agter prooi aan en tjank (vers 16). Daarteenoor vlug Dawid na God en vind by Hom rus. Hy sing van God se mag en jubel oor sy trou (vers 17).

Hiermee skets hy twee soorte mense: dié wat onvergenoegd is en vol haatlike gedagtes, en dié wat rus vind in God. Augustinus het dit mos al gesê: Die mens se hart bly onrustig totdat dit rus vind in God.

image_pdfimage_print

Views: 21

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.