Ek, die Here, sal by my volk wees en hulle sterk maak. Hulle sal in my Naam voortgaan. Die Here het dit gesê. (vers 12)

Mense sê soms dis nie nodig om die Ou Testament te lees nie, want ons leef in die tyd van die Nuwe Testament. Dit is egter so dat ons verstaan van wat in Jesus en in die Nuwe Testament gebeur, ingekleur en verryk word deur die Ou Testament.
Ons lees op meer as een plek in die Ou Testament dat God se teenwoordigheid die verskil gemaak het. Op ’n keer, toe God kwaad was vir die Israeliete en gedreig het om Hom aan hulle te onttrek, het Moses vir Hom gesê (Eks 33:16): “Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.” God se versekering in vers 12 is nie ’n vanselfsprekendheid nie.
As Jesus dus belowe dat Hy by ons is, al die dae (Matt 28:20) moet ons dit verstaan teen die agtergrond dat God se teenwoordigheid onder sy volk wel in die verlede ’n kwessie was. Jesus se versekering het ’n nuwe era vir God se volk laat aanbreek. Hy is Immanuel! Vandag ook.

image_pdfimage_print

Views: 50

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.