Toe Sefas egter later na Antiogië toe gekom het, het ek my openlik teen hom verset omdat sy optrede duidelik verkeerd was. (vers 11)
’n Mens kan amper nie glo dat Petrus, van alle mense, só ’n fout kon maak nie. Petrus, die rotsman, op wie se belydenis die kerk gebou is! Kan dit dan moontlik wees, wil ons uitroep.
Hier sien ons ’n baie belangrike waarheid: Sekere dinge is nou maar eenmaal só diep in ons in gegraveer deur ons opvoeding, of is deur jare só in ons harte vertroetel, dat ’n mens telkens maar weer daaroor tot bekering moet kom. Dit kan so maklik gebeur dat jy glo jy het met hart en siel van ’n sondige standpunt of ’n sondige gewoonte afgesien, net om later maar weer te ontdek dat jy nog steeds met dieselfde probleem worstel. Soos Petrus, wat hier in Antiogië struikel oor ’n hekkie wat hy, so het hy waarskynlik gedink, lankal oorgesteek het.
Die verleiding van die sonde is nie iets waarmee ons ooit klaar is nie. Dikwels, in ’n onbewaakte oomblik, slaan die versoeking toe, en kan dit met enige een gebeur, soos met Petrus, dat jy gly.
Bly dan op jou pos (Efes 6:10-11)!
Views: 17