Hy neem toe sy eersgebore seun, wat in sy plek koning sou word, en offer hom as brandoffer op die stadsmuur. Toe breek daar ’n verskriklike oordeel los oor Israel, en Israel het van Mesa af weggetrek en teruggekeer na hulle land. (vers 27, 2020-vertaling)

Dis duidelik dat die huis van Agab se dae verby is. Elisa wil nie eers met Agab se seun, koning Joram, praat nie (vers 13). En selfs ná die gunstige uitspraak van die Here oor die oorlog (vers 18-19) en hulle aanvanklike sukses, eindig die oorlog onbeslis (vers 27).
Dis onduidelik presies wat vers 27 bedoel. Die 1983-vertaling vertaal dat die Israeliete só geskok was omdat koning Mesa sy eersgeborene op die stadsmuur aan sy god Kemos geoffer het, dat hulle die aanval gestaak en omgedraai het. Die 2020-vertaling stel dit egter dat daar ’n verskriklike oordeel oor Israel losgebreek het, en dat dít die rede vir die staak van die gevegte was. Dan lyk dit of die Judeërs genoeg gehad het van Joram en die Israeliete se geloofsafvalligheid (kyk na vers 2), en dat Mesa se mense-offer die laaste strooi was. Daarom moes die Israeliete onverrigtersake terugkeer.
Wat God sê (1 Kon 21:21 en 29), gebeur. Niemand kan dit keer nie.

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.