Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! (vers 1)

’n Mens het eintlik nie nodig om iets oor hierdie psalm te skryf nie; dit spreek vanself, en dit gryp jou aan deur sy eenvoud.
Waar baie psalms die klem daarop laat val dat God in die hemel heers, gaan hierdie psalm oor die alledaagse. Ook in ons gewone omgang met ander is God betrokke en wil Hy sy seën skenk.
Die twee beelde, dié van reukolie en van dou, is tekenend van die oorvloed wat God gee. Wanneer ’n hoëpriester in sy amp ingeseën is, is hy met reukolie gesalf, en daar is nie spaarsamig met dié olie gewerk nie, want dit was teken van lewe en wellewendheid. Só stort God sy seën uit op mense wat in vrede met ander hulle liefde vir die Here uitleef.
Tydens die droë somermaande was die swaar douneerslag wat gevorm het as die wind oor die sneeubedekte Hermonberge suidwaarts oor die land waai, dikwels die enigste vogtigheid wat plante aan die lewe gehou het. Selfs in tye van skaarste skenk die Here nog sy seëninge.
In Nuwe Testament-taal (Rom 12:18): “As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.”

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.