Elisa het vir haar gesê: “Ek sal jou help. Sê vir my: wat het jy in jou huis?” (vers 2)

Die verhaal van die profeet se weduwee laat ’n mens dink aan hoe Elia die weduwee van Sarfat gehelp het (1 Kon 17:8-16). Later in die hoofstuk (vers 18-37) wek Elisa óók ’n seun uit die dood op, net soos Elia in Sarfat gedoen het (1 Kon 17:17-24). Dié twee profete was gewoond daaraan om met konings en ander magtige leiers skouers te skuur (wat hulle groot roeping was), maar beide profete het nie die lot van gewone mense uit die oog verloor nie.
Hierin het hulle iets van God se bewoënheid en sorgsaamheid teenoor die armes en hulpeloses weerspieël. Dawid beskryf in Ps 68:6 vir God as “’n Vader vir weeskinders en ’n beskermer van die reg van weduwees.” En Jakobus (1:27) het só daaroor geskryf: “Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.”
Dit is die kant van God wat die Here Jesus kom illustreer het met sy omgee vir die randfigure. In sy verduideliking oor naasteliefde hoor ons God se hart (Luk 10:30-37).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.