In die sewe en twintigste regeringsjaar van koning Jerobeam van Israel het Asarja, seun van koning Amasia van Juda, op die troon gekom. (vers 1)

Jerobeam II van Israel en Asarja (Ussia) van Juda was twee van die suksesvolste konings van dié twee ryke. Albei het lank regeer; een en veertig, en twee en vyftig jaar onderskeidelik, en sukses op verskillende terreine behaal. Jerobeam het die grense van die Noordryk uitgebrei tot die omvang van Dawid se ryk (2 Kon 14:25). En oor Ussia vermeld die Kroniek-skrywer dat sy roem wyd gestrek het en dat hy ’n magtige man was (2 Kron 26:15).
Tog vertel die skrywer van 2 Konings ons feitlik niks oor hulle nie, want vir die koninkryk van God het hulle nie veel beteken nie. Die Here se maatstaf vir sukses lyk anders as dié van die wêreld. Hy kyk na gehoorsaamheid en toewyding aan Hom, en daarvolgens geoordeel was beide konings maar so-so.
Die Here Jesus het dit ook onderstreep in Joh 6:27, waar Hy sê ons moenie werk vir voedsel wat vergaan nie. En Johannes skryf in 1 Joh 2:17 dat hierdie wêreld verbygaan, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.
Wat, dink jy, sou die skrywer oor jóú lewensverhaal gesê het?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.