Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (vers 17)

Die “resep” vir hoe om ’n volgeling van Jesus te wees, is eenvoudig. Jy moet opstaan en na Jesus gaan. Vir die eerste dissipels het dit beteken dat hulle hulle nette en skuite moes los en na Jesus toe gaan. Petrus-hulle kon nie vissers van mense word as hulle soos altyd met hulle lewe aangegaan het nie.
Vir ons kan dit dalk óók so ’n offer beteken. Dalk vra die Here van jou ook om jou drome en planne en selfs jou beroep op te gee sodat jy voltyds in sy diens kan staan. Het jy al daaraan gedink? Dat die Here se pad met jou lewe dalk anders is as dit waaraan jy so hard beplan?
Maar miskien verwag die Here nie dat jy jou huis en werk moet los nie. Tog verwag Hy dat jy jou eie prioriteite en jou wil ondergeskik aan sy wil sal stel; dat jy bereid sal wees dat Hý besluit wat in jou lewe moet gebeur en wat nie.
Markus wil hê ons moet verstaan dat Jesus nie bewonderaars wil hê nie, maar volgelinge.

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.