Daar het toe ’n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd. (vers 42)

Dit is vir my merkwaardig dat die Here Jesus nie vir die vroutjie voorkeer en sê Hy weet sy het net die twee geldstukkies en dat sy die een vir haarself moet hou nie. As jy jou offer vir die Here bring, gaan Hy dit ontvang in dieselfde gees as wat jy dit gee: met dankbaarheid.
Die vrou het alles wat sy gehad het, gegee, in die geloof dat God vorentoe vir haar sal voorsien. Met jou dankoffer soek jy nie agterdeure en uitkomkanse nie. Lees gerus wat Dawid hieroor sê in 2 Sam 24:24. ’n Dankbare mens offer tot dit seermaak, tot jy dit voel. ’n Dankoffer is nie iets wat jy bring omdat jy daarsonder kan klaarkom nie. Dit is jou beste wat jy weggee vir God, of dit nou ’n paar sent of ’n paar duisend rand is. En God ontvang dit van jou, omdat Hy jou hart ken. Want uiteindelik is die dankoffer wat ons bring, maar net die een kant van ons offer, die sigbare kant van ’n lewe, ’n hart, wat jy aan God weggee.
Wat ’n voorreg om jouself só volledig op God te werp!

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.