Hulle het uit die graf uitgegaan en weggehardloop terwyl hulle gebewe het van die skrik. Hulle het vir niemand anders iets daarvan gesê nie, want hulle was bang. (vers 8)

Waarskynlik het Markus se boek met hierdie vers gestop. Dalk het hy gereken ons weet nou alles wat ons moet weet oor Jesus. Sy boek is immers die evangelie oor Jesus Christus, die Seun van God (1:1). In sy boek het ons Hom leer ken, sy totaal nuwe en vars verstaan van God se wil en hoe ons voor Hom moet leef. En nou sluit hy sy boek af deur te vertel dat selfs die dood en graf Jesus nie gevange kon hou nie. Dís die evangelie van Jesus. Hy is Oorwinnaar oor Satan, sonde en dood.
Die vroue is oorbluf en bewe van skrik. Wie sou nie só gereageer het nie? Hulle is immers gekonfronteer met ’n totaal nuwe werklikheid, met God wat ingebreek het in hierdie wêreld in. Hulle sou tyd nodig hê om alles te verwerk.
Vir ons, wat al so gewoond is aan die verhaal dat ons dit lees sonder om verbyster te staan, is dit goed om nou, in Lydenstyd, die verhaal in stilte te oordink, sodat die grootsheid daarvan ons opnuut kan oorweldig.

Naskrif: Môre begin ons met die boek Hosea.

image_pdfimage_print

Hits: 3

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
Tweet
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.