Hulle dade laat hulle nie toe om na hulle God terug te keer nie, want ’n gees van hoerery heers in hulle midde, en hulle ken die Here nie. (vers 4, 2020-vertaling)

In vers 3 sê die Here dat Hy Efraim (Israel) ken. Hy sien dwarsdeur hulle sogenaamde godsdiens, want hulle hart is nie by Hom nie. Hulle is sy eiendom, maar hulle het weggeloop na die natuurgode (vrugbaarheidsgode) van Kanaän. Dit het hulle hele samelewing deursuur, só erg dat God dit ’n hoergees noem wat onder hulle posgevat het. Hulle ontrou het endemies geword, wat hulle eintlik onredbaar maak. Geen offer kan hulle skuld versoen nie (vers 6).
Die probleem was nie net ’n gebrek aan kennis nie (sien gister se stukkie); hulle probleem was veel erger: hulle het die Here nie geken nie (vers 4). Hy het vir hulle ’n vreemdeling geword omdat hulle weg van Hom geleef het.
Dis iets waaroor ’n mens moet nadink. Ken jy die Here? Ek praat nie van godsdienstigheid nie, van Bybeltekste wat jy oor jouself bid en God só probeer dwing om jou te beskerm nie. Ek praat van ’n diepe, intieme kennis van God self (Ps 27:4 en Fil 3:10). Is dit van jou lewe waar?

image_pdfimage_print

Views: 18

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.