“Dit is ’n vaste voorskrif vir julle nageslag, waar julle ook al woon: julle mag geen vet of bloed eet nie.” (vers 17)

Die maaltydoffer was ’n vrywillige offer wat iemand gebring het. Die idee was dat dit die begin van ’n feesmaal was, waar aanbidders saam in die teenwoordigheid van die Here sy gawe geniet het. Vreugde en dankbaarheid in God se teenwoordigheid was kenmerkend van hierdie maaltye.
Die bloed en vet is beskou as die lewegewende en energiegewende gedeelte van die dier; die beste deel van die offer, dus. Dié beste deel behoort aan die Here. Hy, as die onsigbare Gasheer van die feesmaal, moet die beste kry.
Hierdie vreugdevolle maaltyd in God se teenwoordigheid vorm natuurlik die agtergrond vir die nagmaalsviering vandag. In die vroeë kerk is die nagmaal altyd saam met ’n regte ete gevier, en nie net ’n simboliese ete soos vandag nie. Die nagmaal is ’n vreugdevolle maaltyd waar ons saam met ander in die Here Jesus se teenwoordigheid bly is en God eer vir sy goedheid, sy verlossing en sorg.
As jou hart hiervoor oop is, oop vir die Here Jesus se seënende teenwoordigheid, sal jy telkens beleef hoe die Here jou aanraak en vernuwe en bly maak in die nagmaal.

image_pdfimage_print

Views: 20

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.