Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wĆŖreld vir my dood en ek vir die wĆŖreld. (vers 14)
Wanneer jy Jesus aanneem, neem jy ook sy kruis aan as die deurslaggewende faktor van jou lewe. Dit verander alles, want die kruis verbind ons aan God en skei ons van die wĆŖreld. Jy het saam met Christus gesterf, en daarmee het jy die wĆŖreld afgesterf. Jy het saam met Christus opgestaan, en daarmee het jy deel gekry aan die nuwe lewe wat God skenk.
Hierin lĆŖ ān moeilike implikasie: jy kan jou nie verheug in die vrug van Christus se kruis as jy weier om deel te hĆŖ aan die verwerping wat sy kruis inhou nie. Dit is wat navolging van Christus beteken (Matt 16:24).
Om jou kruis op te neem, behels meer as om net maar goed te wees. Dit vra van ons om goed te _doen_ (vers 2) soos Jesus. Dit beteken dat ons nie met ān houding sal leef dat ons heiliger as ander is nie, maar dat ons ander se laste sal dra en elke geleentheid sal aangryp om diensbaar te wees.
Naskrif: MĆ“re begin ons (DV) met die boek Sefanja.