In die plek wat die Here jou God sal kies om sy Naam daar te laat woon, moet jy bly wees in die teenwoordigheid van die Here jou God, jy en jou seuns en dogters, jou slawe en slavinne, die Leviete wat in jou omgewing woon, die vreemdelinge, die weeskinders en die weduwees by jou. (vers 11)
Die gebruik om almal in jou sorg by jou godsdienstige handelinge in te sluit, kom van baie ver terug. Ons lees dat nie net Abraham en sy eie nageslag (Ismael en later ook Isak) besny is nie, maar ook sy slawe (Gen 17:12-13). Dat dit nie net ’n seremonie was nie, sien ons in die optrede van Abraham se slaaf, toe hy vir Isak ’n vrou moes gaan soek (Gen 24:12, 27, 35ev).
Die gebruik om jou hele huishouding met slawe en al deel van jou geloofsverhouding met God te maak, is later ingeskryf in die voorskrifte vir die groot jaarlikse feeste (Deut 16:11). Die eerste Christene het hierdie gebruik nagevolg. Hand 16:11-40 wys dit duidelik: Lidia se bekering het haar hele huishouding ingesluit (Hand 16:15); so ook die tronkbewaarder en al sy mense (Hand 16:33).
Geloof strek verder as net jou eie verhouding met die Here.