Julle moet die Israeliete streng laat hou by hierdie reinheidsvoorskrifte, anders sal hulle dalk my heiligdom wat by hulle is, ontwy. As dit gebeur, sal hulle sterwe. (vers 31)

By die volke tussen wie die Israeliete gewoon het, was seksuele perversiteit in die godsdiens en tempels algemeen. Die idee was dat seksuele praktyke as deel van jou aanbidding persoonlike vrugbaarheid, sukses en goeie oeste sal verseker. Daarom was tempelprostitusie ’n algemene verskynsel, en was manlike en vroulike prostitute tot die aanbidders se beskikking.
Met die reëlings van Lev 15 het God dit duidelik gemaak dat seksuele praktyke nie as deel van aanbidding beoefen mag word nie. Dit was ’n saak vir die huis. Dit is nie vuil of sondig nie, maar hoort nie by godsdienstige handelinge nie.
Seksualiteit is ’n gawe van die Here aan ons, maar moet met verantwoordelikheid beoefen word, anders kan dit ander tot skade wees. Daarom ook al die reëls oor seksuele reinheid, wat eintlik niks anders was nie as riglyne vir persoonlike higiëne. Só beskerm jy nie net jouself nie, maar ook jou medemens. Ons lewe voor die Here raak immers nie net ons verhouding met Hom nie, maar ook ons naaste.

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.