Die bedoeling is dat die Israeliete nie meer diere in die veld moet slag nie, maar dit vir die Here moet bring. Hulle moet dit na die ingang van die tent van ontmoeting na die priester toe bring en daar slag as maaltydoffer vir die Here. (vers 5)

Die verpligting om slegs by die ingang van die tent van ontmoeting jou diere te slag, het net gegeld as jy dit as ’n offer aan die Here bring. Jy mag jou offer nêrens anders bring nie, sodat die priesters ook hulle deel kan kry. Dit was ook om te voorkom dat offers vir afgode gebring word.
Hierdie reëling het net vir offers gegeld. Vleis wat vir gewone huishoudelike gebruik bedoel was, kon tuis geslag word. Die enigste voorwaarde was dat die slagding moes uitbloei voordat jy dit kan eet (vers 14). Die bloed het aan die Here behoort; hulle mag dit nie geëet het nie (vers 12).
Hoewel alle offers by die tent van ontmoeting geslag moes word, het dit nie beteken dat die Israeliete nêrens anders as by die tent van ontmoeting met die Here kon praat nie of aanbid nie. Vir ons geld dit nog meer so, soos die Here Jesus die Samaritaanse vrou verseker het (Joh 4:21).

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.