Ek is die Here julle God. Julle mag nie maak soos die Egiptenaars by wie julle gewoon het, of soos die Kanaäniete na wie se land toe Ek julle bring nie. Julle mag hulle gebruike nie navolg nie. (vers 2b-3)
Miskien onthou jy nog hoe jy gevoel het, die eerste keer toe jy bewus geword het van die sedelose soort lewe van filmsterre. Ek weet ek was verbaas en geskok. Ons het daarvan gelees in tydskrifte. Dit was ver van ons af, in die VSA. Maar nou is dit nie meer ver nie. Dit is om ons. Dit het alledaags geword, byna aanvaarbaar, en dit skok nie meer nie. Almal doen dit. Ons het gewoond geraak aan die nuwe normaal.
Dit is presies waaroor dit in hierdie hoofstuk gaan: ’n waarskuwing om nie soos al die ander te word nie. Want seksuele losbandigheid, gesinsverbrokkeling en teenspoed gaan hand aan hand. Die Bybel bevat talle verhale wat hierdie waarheid onderstreep. Ons hoef nie verder as koning Dawid en sy huis te soek nie.
Nee, ons wat aan die Here ons God behoort, moet heilig leef, anders wees, soos Hy (19:2). Getrouheid en gehoorsaamheid aan God en sy gebod skep die ruimte waarbinne ons gelukkig kan wees.
Views: 6