U troon, verhewe wese, staan vir altyd vas, met u koninklike septer laat u geregtigheid geskied. (vers 7)

In sy boek “Reflections on the Psalms” gebruik CS Lewis die begrip “tweede betekenis” om te verduidelik dat daar agter die voor-die-handliggende betekenis van die psalms dikwels ’n tweede betekenis lê wat dit waaroor die psalm oorspronklik geskryf is, oorskry. Psalm 45 is ’n sprekende voorbeeld hiervan.

Dit is duidelik dat hierdie psalm gemaak is as ’n pryslied vir die koning se voorgenome huwelik. Maar daar lê ’n tweede betekenis in die psalm wat dit Messiaans maak, omdat dit heenwys na Christus (vers 7-8). Dit is ook hoe die Hebreërskrywer die psalm verstaan (vgl. Heb 1:8-9).

Die tweede betekenis strek egter verder as verse 7 en 8, want die (koninklike) huwelik is ook beeld van Christus (die Bruidegom) se liefde vir sy bruid, die kerk. Dié tema, dat die Godsvolk God se bruid is, kom meermale in die Bybel voor. Die hele boek Hosea gebruik hierdie tema om die ontrou van die Godsvolk aan hulle Bruidegom te illustreer. Paulus gebruik ook die liefde en versorgende toewyding van Christus vir sy kerk as voorbeeld vir hoe die liefde en trou in die huwelik behoort te wees (Efes 5:21-33).

image_pdfimage_print

Views: 105

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.