As die burgers hulle oë sluit vir so ’n oortreding en nie die skuldige doodmaak nie, sal Ek self ingryp … (vers 4-5)

Een van die groot probleme in ons moderne samelewing is dat ons oordrewe klem op indiwiduele regte en vryheid daartoe gelei het dat ons andere toelaat om met hulle sondige lewenswyse voort te gaan sonder om ’n woord daaroor te sê. Die “sensuur” van die gemeenskap (en die kerk!) het weggeval. Wat iemand anders doen, is nie my saak nie. Daarom sê ek niks en kyk ek anderpad as iemand op die verkeerde pad is.
Binne God se volk mag dit nie so wees nie. Ons ís mekaar se hoeders, al wil ons dit net so min weet soos Kain (Gen 4:9). Dis waaroor dit in hierdie gedeelte gaan. Dit is ook hoe die Here Jesus ons geleer het (Luk 17:3). Dit is merkwaardig dat Paulus, toe hy gehoor het van onsedelikheid in die Korinte-gemeente, meer ontsteld was omdat die gemeente dit oogluikend toegelaat het, as oor die spesifieke gemeentelid (1 Kor 5:1-5).
Om jou naaste lief te hê, vra nie van jou om heeltyd drukkies uit te deel nie. Dit vra eerder ’n diep omgee vir ander, veral as daardie persoon die pad byster raak.

image_pdfimage_print

Views: 14

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.