Hulle moet aan hulle God alleen gewy wees en mag nie sy Naam ontheilig nie. Omdat hulle gedurig offers aan die Here hulle God bring, moet hulle gewyd bly. (vers 6)

’n Priester se lewe moes onbesproke wees. Dinge wat vir gewone Israeliete aanvaarbaar was, soos om met ’n geskeide vrou te trou, was vir ’n priester taboe (vers 7).Hy was immers God se verteenwoordiger by die volk en moes iets van die heiligheid en andersheid van God in homself vergestalt. Én hy moes die volk by die Here verteenwoordig as hy hulle offers voor Hom bring. Ons kan sê die geloofslewe van die volk voor God was in die priester saamgetrek.
Iets van hierdie spesiale plek wat die priester gehad het in die gemeentelike lewe, het behoue gebly in die amp van die predikant. Dit is hoekom ’n predikant se lewe onbesproke moet wees; as verteenwoordiger van God kan dit nie anders nie. Jesus het dit self gesê in Luk 12:48, en Jak 3:1 sê in soveel woorde dat ’n leermeester strenger as ander beoordeel sal word.
Die gemaklike verontskuldiging van moderne predikante dat hulle ook maar net mens is, is nie goed genoeg nie. Ons lewens moet van God se heiligheid getuig!

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.