Wanneer julle julle lande oes, moet julle nie die wenakkers afoes of die are wat bly lê, optel nie. Julle moet dit los vir die armes en die vreemdelinge. Ek is die Here julle God. (vers 22)

Mense wat aan die Here geheilig is, behoort aan Hom met alles wat hulle is en het. Dit geld ook hulle tyd. Tydens die voorgeskrewe feeste moes die Israeliete hulle eie programme opsyskuif en tyd maak om die Here te dien en te vereer. Dit het van hulle tyd gevra en hulle gekos. Destyds was tyd ook geld.
Mense sê dikwels, as dit by kerksake kom, dat hulle nie tyd het nie. Dit hoort nie so nie. As jy te besig is vir diens aan die Here, is jou prioriteite verkeerd. Jou tyd is die Here s’n, en dit moet in jou program reflekteer.
Jou goed is ook die Here s’n, en daarom mag jy nie toe-hand leef nie. Dis hoekom Israel tydens oestyd só geoes het dat die armes en vreemdelinge ook kon eet (vers 22). ’n Treffende voorbeeld van hoe dit in die praktyk gewerk het, sien ons in Rut 2, waar Rut op Boas se land graan gaan optel het, en hy gereël het dat sy genoeg kry (Rut 2:15-16).

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.