Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” (vers 3)

Hoekom is dit so erg om aan ’n versoeking toe te gee? Wat is nou so erg daaraan om brood uit klip te maak? Jesus het tog later brood en vis gemaak om ’n skare te voed. En dis tog nie verkeerd om God blindelings te vertrou nie, sodat jy die moed het om van ’n hoë gebou af te spring nie? Is dit dan nou so danig verkeerd?
Sonde is om jou doel te mis. En dis presies wat die duiwel met sy versoekings in die woestyn wou bereik. Hy wou hê Jesus moet iemand anders wees as dit waarvoor God Hom na die wêreld gestuur het. Daarom fluister hy in Jesus se oor: Jy hoef nie so te sukkel nie! Vir wat? Maak vir jou brood as jy dan honger is! Spring van die tempel se toring af en wys vir almal watter wonderlike superman is jy! Vat ’n kortpad na die troon van die wêreld!
Satan se fluisterstem praat van ’n ander pad as God s’n, en dit laat jou wegdraai van jou roeping, van God se plan vir jou. Pasop!

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.