Dit is die slaaf vir wie sy eienaar by sy tuiskoms so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy! (vers 46)
Mense dink soms die wederkoms sal deur ’n deurmekaarspul voorafgegaan word. Dit feit dat alles steeds “normaal” op aarde verloop, stel hulle gerus dat die wederkoms nog nie op hande is nie. Daar is nog tyd, redeneer hulle. Soos die slegte slaaf gedink het (vers 48).
Dis ’n fout om so te dink, sê Jesus. Hy sê die lewe sal voortgaan asof niks aan die kom is nie, soos in die dae van Noag (vers 37). Mense sal met hulle gewone dagtake voortgaan (vers 40-41). En dan, skielik, onverwags, sal die wederkoms aanbreek. Daarom moet ons waaksaam bly, die geloofstryd voluit stry, want ons weet nie wanneer die Here weer kom nie (vers 42 en 44). Dít is wat ’n getroue en verstandige gelowige doen – hy bly onverpoos besig om die Here van harte te dien.
Jesus kom inderdaad weer, al weet ons nie wanneer dit gaan gebeur nie. Maar intussen wag ons met volharding en getrou op Hom, en met blye afwagting. Daar ís ’n toekoms saam met Jesus! Wat ’n vooruitsig!
Views: 6