In sy eerste regeringsjaar het ek, Daniël, uit die Skrifte vasgestel dat volgens die woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het, Jerusalem sewentig volle jare ’n puinhoop sou wees. (vers 2)

Daniël sien hierdie visioen kort ná die val van Babel. In sy studie van die profesieë van Jeremia ontdek hy Jeremia se voorspelling dat Jerusalem vir 70 jaar ’n puinhoop sal wees (vers 2; vgl. Jer 25:11,12 en 29:10). Hy besef dat die tyd vir terugkeer uit ballingskap op hande is. Sy reaksie is, verrassend genoeg, nie ’n lofgebed nie, maar ’n verootmoedigende skuldbelydenis (vers 4-19), want hy is bang dat sy volksgenote nie gereed is om die beloofde land terug te ontvang nie.
Die antwoord wat die engel Gabriël bring, herhaal eintlik net wat Daniël in die vorige twee visioene (hoofstuk 7 en 8) reeds gesien het. Dit kom daarop neer dat God die geskiedenis in sy hand hou, en dat die ellende wat Antiogos IV Epiphanes gebring het, net vir ’n kort rukkie sal duur voordat God ingryp (vers 27).
Vir Daniël was die eer van God op die spel (vers 19); daarom smeek hy om vergifnis vir sy mense. Waaroor gaan dit in jóú gebede?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.