Ons was in ons eie oë soos koringkrieke; ons was soos muggies in hulle oë. (vers 33b, 2020-vertaling)

Die twaalf verkenners was dit eens: die land Kanaän was presies wat God gesê het dit is – ’n vrugbare land wat oorloop van melk en heuning (vers 27). Net twee van hulle, Josua en Kaleb (vers 30 en 14:6), was vol vertroue dat hulle die land sal kan verower. Die ander tien het hulle blind gestaar teen die versterkte stede en die magtige soldate. Josua en Kaleb het vertrou dat God sal doen wat Hy beloof het, al lyk die omstandighede onoorkomelik. Vir die ander tien het die harde realiteit van die nuwe land swaarder geweeg.
Dit was nie ’n kwessie van die glas is half vol of half leeg; optimisme teenoor pessimisme nie. Dit het gegaan oor die vraag: Glo jy dat God kan doen wat Hy beloof het? En dis die vraag wat ons elke dag in óns situasie ook moet beantwoord. Geloof is om verder te kyk as wat jy sien, en God anderkant die sigbare raak te sien en met Hom rekening te hou vir jou ingesteldheid vandag.
Soos Josua en Kaleb moet ek en jy ook draers van hoop wees in ’n stukkende wêreld.

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.