Die Here sê toe vir Moses: “Sit Aäron se kierie terug voor die getuienis, en bêre dit as teken vir die opstandiges. So moet jy ’n einde maak aan hulle verset teen My …” (vers 10)

Die instruksies in die boek Numeri dui alles daarop dat God ’n God van orde is (vgl 1 Kor 14:33). Dit het nie net die inrigting en uitleg van die tabernakel gegeld nie, maar ook die manier waarop die stamme rondom die tabernakel geplaas is, en hoe hulle moet trek.
Deel van dié ordereëlings was die aanstelling van die stam van Levi as die aangewese bedienaars van die heiligdom. Slegs hulle is toegelaat om diens te doen in en om die tabernakel, en slegs die nageslag van Aäron kon priesters wees.
Die Israeliete se verset teen hierdie reëlings was niks anders nie as verset teen God self (vers 10). Daarom het God ingegryp met die wonderwerk van Aäron se kierie, wat die saak eens en vir altyd bygelê het.
In die kerk is daar ook bepaalde orde-reëlings, soos wie mag die sakramente bedien, wie is verkiesbaar as voorsitter van ’n vergadering, ens. Dit gaan nie om magsbeheptheid of om sekere mense te bevoordeel nie, maar sodat alles ordelik en tot God se eer sal verloop.

image_pdfimage_print

Views: 20

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.