’n Tafel word gedek, die eetgerei is reggesit, hulle begin eet en drink! Dan kom die bevel: “Leiers, wees gereed! Smeer die skilde met olie!” (vers 5)

Dié hoofstuk bevat beeldspraak, sodat ’n mens nogal moet kopkrap om ’n goeie begrip te kry van waaroor dit hier gaan. Die beste verklaring m.i. is dat die val van Babel wat hier aangekondig word, nié die val is wat deur Kores die Pers teweeggebring is, wat die einde van die Joodse ballingskap ingelui het nie. Die val van Babel waaroor dit hier gaan, was byna twee eeue vroeër, in die leeftyd van Jesaja.
Babel was toe een van die groot moondhede wat Assirië se mag uitgedaag het. Almal het gehoop dat Babel die bedreiging van Assirië sou beëindig, maar tot sy eie ontsteltenis (vers 3-4) moet Jesaja aankondig aan dat dit nie sal gebeur nie. Die hofhouding in Jerusalem is egter houtgerus en vier fees omdat Babel Assirië bloedneus gaan gee. Jesaja waarsku nou (vers 5b): Maak gereed vir oorlog!
Wensdenkery bring jou nêrens. Soos Psalm 146:3 en 5 waarsku: “Moenie op magtiges vertrou nie, nie op ’n mens nie; hy kan jou nie red nie. […] Dit gaan goed met die mens … wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.”

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.