As iemand onrein is en hy hom nie reinig nie, moet hy van die gemeente afgesny word. Hy het die heiligdom van die Here ontwy, die reinigingswater is nie oor hom gesprinkel nie en daarom bly hy onrein. (vers 20)

Vir ons is hierdie voorskrifte oor rituele reinheid totaal vreemd en ver verwyder van ons daaglikse bestaan. Die naaste wat ons in die kerk daaraan kom, is die doop. Dit verskil wesenlik van die ritueel wat in Numeri voorgeskryf word. Tog verkondig of simboliseer die water van die doop die reiniging van ’n sondige lewe, sodat jy as gereinigde voor God kan leef. Die doopwater wys heen na Christus se bloed, waardeur ons gereinig word van al ons sonde (1 Joh 1:7-9).
Jesus het ons geleer dat reinheid niks te make het met iets wat buite die liggaam gebeur nie; dis wat binne-in jou aangaan, wat jou onrein kan maak. Die sonde wat Jesus dan uitspel, is die soort goed wat ’n gemeenskap en verhoudinge vernietig (vgl Mark 7:14-23).
Ons het gewoond geraak aan die afbrekende leefstyle wat Jesus in Mark 7:21-22 uitspel, soos onkuisheid, owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, kwaadpratery, hoogmoed … Ons duld dit skouer-ophalend in ons geledere. Numeri waarsku dat dit nie onder God se mense geduld mag word nie.

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.