Wanneer julle kinders en kleinkinders het en julle oud geword het in die land, moet julle nie julle eie ondergang soek deur ’n afgodsbeeld te maak nie, want dan doen julle wat verkeerd is in die oë van die Here julle God en tart julle Hom. (vers 25)

’n Mens is in die versoeking om die waarskuwings oor afgodsdiens in die Bybel mis te lees. Ons aanbid immers nie beeldjies nie. Daarom, glo ons, is afgodsdiens en die tweede gebod vandag irrelevant. Maar afgodsdiens is nie net die aanbidding van ’n beeld nie. Jy is besig met afgodsdiens wanneer jy iets of iemand só belangrik ag dat dit buite alle verhouding jou lewe begin beïnvloed.
Die groot hervormer Johannes Calvyn het gewaarsku dat die mens ’n afgodsfabriek is. Ons kan van enige iets ’n afgod maak – sport, sportsterre en ander helde, status, politiek, mag, besittings … Wanneer hierdie dinge so belangrik word dat jou lewe daarom draai en daardeur bepaal word, is dit ’n afgod wat die plek wat God in jou lewe behoort te hê, verdring.
Die mense of dinge wat ons tot afgode verhef, is nie noodwendig op sigself boos nie. Dit word egter ’n probleem as jy toelaat dat dit jou lewe oorheers.

image_pdfimage_print

Views: 14

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.