Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. (vers 10)

Om dankie te sê, is ’n erkenning dat wat jy ontvang het, ’n geskenk of ’n guns was. Dis hoe ons ons kinders leer. Dieselfde geld vir ons verhouding met ons hemelse Vader. Deur Hom te dank, bly jy bewus dat alles wat jy het, van Hom kom en nie jou eie prestasie is nie. Selfs al werk jy hard vir die kos op jou tafel en die dak oor jou kop, is dit so dat Hy jou die krag gee om dit te kan doen (vers 18).
Die Here Jesus was nogal ernstig oor hierdie saak. Daarom vertel Hy die gelykenis van die ryk dwaas (Luk 12:16-21) om ons te waarsku dat ons prioriteit rykdom by God moet wees, en nie aardse skatte nie. Nie dat rykdom as sodanig verkeerd is nie. As dit so was, sou God ons nie die krag gegee het om rykdom te verwerf nie.
Die spreekwoord sê dat jy sterk bene nodig het om rykdom te dra. Daarom bid Agur seun van Jake in Spr 30:7-9 dat die Here hom moet bewaar van soveel oorvloed dat hy Hom vergeet.

image_pdfimage_print

Views: 2

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.