Dan moet jy en jou familie dit daar in die teenwoordigheid van die Here jou God eet en bly wees. (vers 26)

Lang gesigte en onvergenoegde mense in God se teenwoordigheid pas nie. God se hele oogmerk is dat ons gelukkige en bly mense moet wees.
Natuurlik is dit nie so eenvoudig as om te sê: “Wees bly!” en dan glimlag ons en dan is alles reg nie. God gee ons rede om bly te wees. Hy het Israel uit Egipte verlos. Vir ons het Hy sy Seun gestuur om ons te kom verlos van die houvas wat sonde op ons het. En Hy oorlaai ons met sy goedheid en liefde en sorg.
Dis nie blote vrolikheid wat die Here in gedagte het nie. Blydskap en blymoedigheid is juis nie soos vrolikheid is nie.
Boonop lê ons blydskap nie in onsself nie. Dis ’n blydskap wat die Here self aan ons gee, na die mate wat ons ontdek hoe Hy sorg, en dat ons op pad is na Hom toe. Dis ’n blydskap wat jy al meer ontvang hoe verder jy vorder op die pad van heiligmaking. Want is blydskap dan nie die tweede aspek van die vrug van die Gees (Gal 5:22) nie?

image_pdfimage_print

Views: 10

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.