Die gebod wat ek jou vandag beveel, is nie te moeilik vir jou nie. Dit is ook nie buite jou bereik nie. (vers 11)

Die Bybel is die werk van baie skrywers wat in die verloop van eeue neergepen het wat hulle by God gehoor het (Heb 1:1 en 2 Pet 1:21). Daarom kry ons verskillende perspektiewe en genres in die Bybel oor God en sy handelinge met ons.
Dié veelkantige getuienis kan ’n mens moedeloos maak. Die Bybel is immers ’n dik boek, en mens weet nie altyd waar om te soek na antwoorde op jou vrae nie. Tog is God se gebod nie moeilik nie (vers 11). Ons weet intuïtief wat is reg en wat is verkeerd; dit is in ons ingeskape, deel van ons DNS (Rom 2:15). Die probleem is dat ons nie na dié ingebore gebod wil luister nie. Ons wil maak wat ons wil en nie onder God se gesag staan nie. Paulus noem dit ons ou natuur; die gevolg van die sondeval wat maak dat ons van nature dwars is.
Wanneer jy ophou om teenstrydighede en foute in die Bybel te soek en leef soos jy weet reg is, sal jy ontdek dat God se leiding helder en genoeg is.

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.