Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. (vers 51)

Die belydenis dat Jesus opgevaar het hemel toe, is die enigste van die Twaalf Artikels wat in die teenwoordige tyd is. Die ander is almal óf in die verlede tyd (Jesus se geboorte, lewe, sterwe en opstanding), óf in die toekomstige tyd (wederkoms, opstanding en laaste oordeel). As ons van Jesus se hemelvaart en sy rol as ons Koning praat, is dit oor wat Hy nóú doen.
Iewers, dink ek, het ons dié wonderlike troos verloor. Daarom weet ons nie so mooi wat om met hemelvaart te maak nie. Ons dink nie aan Christus as die Een wat vir ons intree en bid, die Een wat aan óns kant van die troon staan as ons bid nie.
Dis dalk hoekom dit vir ons vreemd klink as Lukas vir ons vertel dat die eerste dissipels met groot blydskap terug is Jerusalem toe. Want ons verskraal Jesus se rol tot iets wat Hy gedoen het (Hy het vir ons sondes kom sterf) en iets wat Hy nog gáán doen (Hy gaan eendag weer kom om ons te kom haal). Maar Jesus wil vandag jou lewe vul met sy teenwoordigheid!

Naskrif: Môre begin ons (DV) met die boek Job.

image_pdfimage_print

Views: 21

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.