God, die Allerhoogste, woon egter nie in geboue wat deur mense gemaak is nie. (vers 48)
Vir die Jode van destyds was Jerusalem en veral die tempel ’n heilige plek, en wee hom wat dit ontken. Stefanus was nie “Jerusalem-verskrik” nie. Sy standpunt was dat die wêreld nie om Israel en die tempel in Jerusalem draai nie. Sy toespraak maak dit in vier punte duidelik:
- Israel se oorsprong lê in Mesopotamië, nie Jerusalem nie (vers 2-5).
- God se bevryding van sy volk het buite Palestina gebeur – in Egipte, die Rooisee en die Sinai-woestyn, nie in Jerusalem nie (vers 9-36).
- Die wet is in die woestyn gegee, nie in Jerusalem nie (vers 38).
God woon nie in ’n tempel of enige mensgemaakte gebou nie. Hy het nog nooit, en Hy sal ook nie (vers 39-50).
Hoewel dit sekerlik nie die hoofrede vir sy steniging is nie (eerder die Jode se weiering om Jesus as Messias te aanvaar), het dit beslis bygedra daartoe om die Jode die harnas in te jaag.
Wat my laat wonder oor die dinge waaraan ons so erg verknog is dat dit lyk asof ons saligheid daarvan afhang. En dit terwyl ons hoogste lojaliteit in Christus moet lê.
Views: 53